From Wikipedia, the free encyclopedia
Choanoflagellatea is ’n klas vrylewende, eensellige en koloniale eukariotiese sweepdiertjies wat beskou word as die naaste lewende verwante aan diere.
Choanoflagellatea | |
---|---|
Codosiga sp. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
(geen rang): | Unikonta |
(geen rang): | Obazoa |
(geen rang): | Opisthokonta |
(geen rang): | Holozoa |
(geen rang): | Filozoa |
(geen rang): | Choanozoa |
Klas: | Choanoflagellatea Cavalier-Smith, 1998[2][3] |
Tipespesie | |
Monosiga brevicollis[4] | |
Ordes & families | |
suster: Metazoa | |
Sinonieme | |
|
Choanoflagellatea is sweepdiertjies met ’n tregtervormige kraag van gekonnekteerde mikrovilli (uitstulpings) aan die basis van elke flagellum (sweephaartjie). Hulle het ’n besonderse selmorfologie wat gekenmerk word deur ’n ronde of ovaal selliggaam van 3 tot 10 µm in deursnee met ’n enkele flagellum aan die punt wat omring word deur ’n kraag van 30 tot 40 mikrovilli (sien skets).
Die beweging van die flagellum skep waterstrome wat die organisme deur die waterkolom stu. So vang hy bakterieë en ander kosbrokkies teen die kraag van mikrovilli vas, waar dit ingeneem word. Hierdie voeding verskaf ’n kritieke skakel binne die globale koolstofkringloop en verbind trofiese vlakke (vlakke in die voedselketting).
Benewens hul belangrike ekologiese rol, is Choanoflagellatea van besondere belang vir evolusionêre bioloë wat die oorsprong van veelselligheid in diere bestudeer. As die naaste lewende verwante aan diere dien Choanoflagellatea as ’n nuttige model vir rekonstruksies van diere se laaste eensellige voorsaat.
Die naam kom van die Griekse woord khoanē, "tregter" (vanweë die vorm van die kraag), en die Latynse woord flagellum.
Hierdie groep is saam met die Ichthyosporea en Filasteria dié eensellige organismes wat die nouste aan die Metazoa (die meersellige diere) verwant is.[7]
Opisthokonta |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.