Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Charlestown is 'n klein dorpie in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit lê tussen Newcastle en Volksrust, en is genoem na sir Charles Mitchell, destydse goewerneur van Natal.
Charlestown | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 27°25′S 29°53′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distriksmunisipaliteit | Amajuba |
Plaaslike Munisipaliteit | Newcastle |
Stigting | 1889 |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,99 km2 (8,49 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 392 |
• Digtheid | 200/km2 (500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Die dorp is in 1889 uitgelê. Die hoofspoorlyn vanaf Durban na Johannesburg het Charlestown in 1891 bereik. President Paul Kruger het geweier dat die spoorlyn die Transvaal binnegaan en daarop aangedring dat die spoorlyn na die destydse Lourenço Marques eers voltooi moes word. Vanaf 1891 tot 1895 was Charlestown die terminus waar reisigers noodgedwonge van vervoermiddel moes verander. Die spoorlyn na die Transvaal is in 1895 voltooi en baie van Charlestown se belangrikheid is daarmee ingeboet.
Die laaste gevegte van die Eerste Vryheidsoorlog het in die omgewing plaasgevind: Ingogohoogte, Laingsnek en Majuba.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.