From Wikipedia, the free encyclopedia
Chalicotheriidae is 'n uitgestorwe familie van soogdiere wat in die Mioseen-tydperk geleef het. Daar is nie baie fossiele gevind nie, desondanks word aangeneem dat die familie vir ongeveer 50 miljoen jaar suksesvol was.[2]
Chalicotheriidae | |
---|---|
Moropus elatus in die Nasionale Museum van Natuurlike Geskiedenis, Washington, DC | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | †Chalicotheriidae Gill, 1872 |
Subfamilies en Genera[1] | |
Sien teks. |
Die lede van die familie was onewehoewige diere met 'n perdagtige kop, lang voorpote, kort agterpote en 'n skuins aflopende rug. Aan die einde van al vier pote was 'n klouagtige voet wat uit keratien bestaan het. As gevolg van hierdie kloue kon die diere nie hardloop nie.
Uit die tande kan afgelei word dat die diere in bosse en woude geleef het en die blare van bome en struike gevreet het. Hulle kon hulleself moontlik op hul agterpote oplig.
Fossiele is in Eurasië, Afrika en Noord-Amerika gevind. Die onderkaak van 'n Chalicotheriidae is onder andere in Cornelia ontdek.
Subfamilie Macrotheriinae, † Holland & Peterson 1914
Subfamilie Schizotheriinae, † Holland & Peterson 1914
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.