Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Carel du Plessis (gebore 24 Junie 1960) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en -afrigter wat bekend is as "die prins van vleuels".
| |||||
Volle naam | Carel Johan du Plessis | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Die Prins van vleuels | ||||
Geboortedatum | 24 Junie 1960 | ||||
Geboorteplek | Somerset-Oos, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1.84 m | ||||
Massa | 83 kg | ||||
Skool | Paarl Boys High | ||||
Universiteit | Universiteit Stellenbosch | ||||
Beroep | Makelaar | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, senter | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Stellenbosch, Weermag, Merignac, Wanderes, Hamiltons | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1981-1989 | Westelike Provinsie Transvaal |
100 8 |
|||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1981-1989 | Suid-Afrika | 12 | (16) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1997 | Suid-Afrika |
Carel het in 'n rugbyfamilie grootgeword. Sy pa, Willie, het vir die Oostelike Provinsie en sy oupa (aan moederskant) vir Westelike Provinsie rugby gespeel. Sy broers Willie en Michael het altwee vir die Springbokke gespeel terwyl sy jonger broer, Jacques vir die Westelike- en Oostelike Provinsie rugby gespeel het. Carel het saam met beide broers in toetse gespeel maar die drie het nooit saam in een toets gespeel nie. Carel, Willie en Michael het egter saam vir Westelike Provinsie in die Curriebekereindstryd van 1982 teen Noord-Transvaal gespeel. Westelike Provinsie het die wedstryd met 24-7 gewen.
Op skool het Carel losskakel gespeel. Hy haal die Suid-Afrikaanse Skolespan as losskakel in 1978. Slegs twee ander spelers van die 1978 Cravenweekspan word Springbokke: Jaco Reinach en Christo Ferreira. Hulle het egter nie die Skolespan gehaal nie. In 1979 speel hy senter vir Stellenbosch se onder twintig span. In 1980 speel hy senter vir Stellenbosch se eerste span en was kaptein van die SA Universiteite se onder twintig span. Hy haal die ook die Westelike Provinsie se span in die jaar, as vleuel.
Hy word as senter gekies vir die Springbokke van 1981 wat in Nieu-Seeland en Amerika getoer het maar speel nie in een toets nie. Hy speel teen die Jaguars in 1982 en Engeland in 1984.
Hy speel ook vir 'n Oorsese XV teen die Vyf Nasie-lande in 1986 en druk 'n fantastiese drie en speel ook teen die Kavaliers. In 1987 speel hy vir Transvaal.
Carel speel sy laaste wedstryd in 1989, die Curriebekerfinaal vir die Westelike Provinsie teen Noord-Transvaal. In die wedstryd druk hy ook sy laaste drie, wat die wedstryd gelykop laat eindig.
Gedurende 1997 was hy ook die Springbokafrigter.
Voorafgegaan deur André Markgraaff |
Springbokafrigters 1997 - 1997 |
Opgevolg deur Nick Mallett |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.