From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Canon EOS 300D, vervaardig deur Canon, was bemark in Noord-Amerika as die EOS Digital Rebel, in Japan as die EOS Kiss Digital, en was ook verkoop as die DS6041. Dit is 'n 6,3-megapieksel intreevlak digitale enkellensreflekskamera. Dit is op 20 Augustus 2003 vrygestel teen 'n prys van $899 sonder 'n lens, of $999 met 'n lens ingesluit in die verkoopspak. Dit is deel van die Canon EOS-reeks van kameras. Dit was 'n belangrike mylpaal vir digitale kameras, omrede dit die eerste digitale SLR kamera was wat vir minder as VS$ 1000 te koop was.
Model | Canon EOS 300D Canon Digital Rebel Canon EOS Kiss Digital |
---|---|
Beeldsensor | CMOS APS-C 22,7 mm × 15,1 mm (1,6× omrekenfaktor) |
Stoormedium | CompactFlash (CF) / maksimum 8GB |
Resolusie | 3 072 × 2 048 (6.3 megapieksels) |
Lens | Omruilbare (EF, EF-S) |
Flits | Ingeboude opwip met warmskoen (E-TTL II) |
Sluiter | Fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/4000 tot 30 s en gloeilamp, 1/200 s X-sync |
Meting | TTL, evaluasie-35-sone, gedeeltelik, senter-geweegd |
Beligtingsmodusse | Volle outo, geprogrammeer, sluiterprioriteit lensopeningprioriteit, hand |
Metermodusse | Evaluerende 35-sone, gedeeltelik (9% teen senter) en senter-geweegde gemiddeld |
Fokusareas | 7 outofokuspunte |
Fokusmodusse | Enkelskoot, AI fokus, AI Servo en Hand |
Deurlopende skiet | 2.5 raampies/s, tot 4 raampies |
Beeldsoeker | Optiese pentaspieël 95% dekking, 0.88x vergroting |
Spoedspektrum | ISO 100 tot 1600 |
Witbalans | Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungstenlig, Wit Fluoreseerlig, Flits, & handvoorkies |
Witbalans- groepering |
± 3 stoppe in 1-stopinkremente |
LCD-skerm | 1.8" (46 mm), 118 000 pieksels |
Battery | Li-ioon BP-511/512 herlaaibaar |
Opsionele batterypakke | BG-E1 |
Massa | 560 g (kas alleen) 649 g (insl. battery en geheuekaart) |
Dit word dikwels vergelyk met die prosumer Canon EOS 10D, wat oor feitlik dieselfde CMOS-beeldsensor en beeldverwerkingskyfie beskik. Verskeie 10D-eienskappe kan ontsluit word en gebruik word in die 300D deur gebruik te maak van nie-amptelike fermatuur.[1]
Die 300D se polikarbonaat (plastiek)kas was oorspronklik net in silwer beskikbaar in Noord-Amerika, terwyl die Japannese weergawe ook in swart beskikbaar was. Latere swart weergawes van die 300D is ook in die VSA en Europa vrygestel.
Die 300D was die eerste kamera om die Canon EF-S lensmontering te gebruik. Dit neem ook die EF-monteringlense. Canon het die EF-S 18-55mm as die verkoopspaklens saam met die 300D bekend gestel. Dit was beskikbaar in 'n USM (ultrasoniese motordryf) weergawe in Japan en as 'n nie-USM weergawe elders. Baie laat produksie swart 300D kameras was beskikbaar met die USM-weergawe in Europa.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.