From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bykolibrie of Helena-kolibrie (Mellisuga helenae) is ’n spesie van die familie kolibries. Dit is die kleinste voël in die wêreld.[2][3]
Bykolibrie | |
---|---|
’n Onvolwasse mannetjie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Mellisuga |
Spesie: | M. helenae (Lembeye, 1850) |
Binomiale naam | |
Mellisuga helenae | |
Die bykolibrie is die kleinste lewende voël.[2] Wyfies weeg gemiddeld 2,6 g en is 6,1 cm lank, terwyl mannetjies effens kleiner is; hulle weeg gemiddeld 1,95 g en is 5,5 cm lank.[4] Soos alle kolibries is hulle vinnige, sterk vlieërs.
Die bykolibrie kom in die hele Kubaanse argipel voor, van die hoofeiland tot Jeugeiland in Wes-Indië.[4] Mannetjies het ’n reënboogkleurige kraag met langer vere. Die boonste dele is blouerig en die onderste dele meestal gryswit.[2][5] Die wyfies is blougroen bo en witgrys onder, en die punte van die buitenste stertvere het wit kolle op. In vergelyking met ander kolibries, wat gewoonlik ’n skraal bou het, lyk die bykolibries rond en plomp. In die paarseisoen het mannetjies ’n rooi tot pienk kop, ken en keel. Die wyfies lê net twee eiers op ’n slag, elk omtrent so groot soos ’n koffieboon.[2]
Die bykolibrie se slank, gepunte snawel is aangepas om diep in ’n blom na nekter te soek. Die voël neem hoofsaaklik nektar in, en af en toe ’n insek of spinnekop, deur sy tong vinnig in en uit sy bek te beweeg. In een dag kan die bykolibrie tot 1 500 blomme besoek en hy speel dus ’n belangrike rol in bestuiwing.[6] Die voëls besoek 10 plantspesies, waarvan nege inheems aan Kuba is.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.