From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Brontotheriidae is 'n uitgestorwe familie van die orde onewehoewiges. Hulle taksonomiese posisie in onduidelik, hulle is waarskynlik 'n basale groep van die orde.
Brontotheriidae | |
---|---|
Protitanops | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
(geen rang): | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | †Brontotheriidae |
Brontoterië is blaarvreters soos die swartrenoster vandag. Die kleinste spesies was so groot soos 'n hond, maar die grootste was groter as vandag se renosters en het die huidige olifante in grootte genader. Die lede van die subfamilies Brontotheriinae en Dolichorhiniae het benige uitsteeksels op hulle neuse wat soos die horings van renosters lyk, behalwe dat dit nie uit keratien bestaan het nie, maar uit been.
Die groep het waarskynlik in Noord-Amerika bestaan (in die Wasatchian, die grens tussen Vroeë- en Midde-Eoseen). In die later deel van die Eoseen was hulle volop op die drie noordelike kontinente. In Noord-Amerika het hulle aan die einde van die Eoseen uitgesterf, in Asië het hulle dalk nog in die Midde-Oligoseen oorleef.
'n Belangrike kenmerk van die familie is die profiel van die kiestande. Die bokiestande het 'n kenmerkende W-profiel. Onder is dit 'n M-profiel.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.