Bromvoël

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bromvoël

Die Suidelike bromvoël (Bucorvus leadbeateri) is 'n voël wat aan die genus van bromvoëls (Bucorvus) en die familie Bucorvidae behoort. Hulle is groot swart voëls wat hoofsaaklik in Afrika suid van die Sahara voorkom. Bromvoëls is omnivore, maar eet oor die algemeen dierlike voedsel, soos voëltjies, reptiele, amfibieë en insekte. Die voël is 'n skaars standvoël en nomade in savanne, boomveld en grasveld met aangrensende woude.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Bromvoël
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Bucorvinae
Genus:
Spesie:
B. leadbeateri
Binomiale naam
Bucorvus leadbeateri
(Vigors, 1825)
Sinonieme
Bucorvus cafer (Vigors, 1825)
Sluit

Ander name

  • Engelse naam: Southern ground-hornbill
  • Xhosa: Intsikizi
  • Zoeloe: iNgududu of iNsingizi
  • Tswana: Lehututu

Identifikasie

Die voël is 90 tot 130 cm groot en weeg 2.5 tot 6 kilogram. Dit is 'n baie groot neushoringvoël met 'n lang, krom snawel en die gesig en keel is opvallende rooi. Die hoofslagvere is wit en opvallend in vlug. Die volwasse wyfie het 'n klein violetblou keelvlek en uitgebreide rooi keelsakke. Die jong voël is roetbruin met 'n dofgelerige gesig en keel.

Hierdie voël se verspreidingsgebied en getalle het in die 20ste eeu met ongeveer twee derdes afgeneem en word nou hoofsaaklik tot groot reservate beperk.

Sien ook

Galery

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.