Broers in Christus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Broers in Christus (in Engels Christadelphians) is 'n nie-trinitariese Christelike denominasie wat in die 19de eeu in die Verenigde State van Amerika deur John Thomas gestig is.[1]
Hulle vernaamste geloofsoortuigings is:[2][3][4][5]
- Die Bybel is die Godgegewe Woord.
- Jesus Christus is die Seun van God, maar nie God self nie en bestaan nie voor sy geboorte nie.
- Christus sal na die aarde terugkeer om die Koninkryk van God op aarde te verwesenlik.
- Dood is onbewustheid. Hulle verwerp die onsterflikheid van die siel en die geloof in 'n ewige onsterflikheid.
- Hel beteken die graf en is nie 'n plek van ewige foltering nie.
- Doop geskied met volkome onderdompeling in water as 'n volwassene.
- Die Heilige Gees is nie 'n persoon nie, maar die Krag van God
- Satan is nie 'n wese wat self bestaan nie, maar 'n simbool van menslike verdorwenheid of slegtheid.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.