Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Brits-Betsjoeanaland (Engels: British Bechuanaland) was 'n kortstondige kroonkolonie van die Verenigde Koninkryk wat in Suider-Afrika bestaan het vanaf sy stigting op 1 September 1885 tot en met die anneksasie na die naburige Kaapkolonie op 16 November 1895.[1] Brits-Betsjoeanaland het 'n oppervlakte van 51 424 myl² (133 190 km²) en 'n bevolking van 84 210 gehad.[2] Vandag vorm die streek deel van Suid-Afrika.
| ||||
Volkslied: God Save the King/Queen | ||||
Brits-Betsjoeanaland in 1887 | ||||
Hoofstad | Vryburg 26°57′S 24°45′O | |||
Taal/Tale | Engels | |||
Regering | Monargie | |||
Monarg | ||||
- 1885–1895 | Victoria | |||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | |||
- Kroonkolonie gestig | 1 Maart 1885 | |||
- Ingelyf by die Kaapkolonie | 16 November 1895 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1885–1895 | 133 190 km2 51 425 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1885–1895 skatting | 84 210 | |||
Digtheid | 0,6 /km² 1,6 /sq mi |
Betsjoeanaland verwys ná die land van die Tswanas en vir administratiewe doeleindes is dit verdeel in twee politieke entiteite. Die noordelike deel is geadministreer as die Betsjoeanaland-Protektoraat en die suidelike deel, suid van die Moloporivier, is geadministreer as kroonkolonie van Brits-Betsjoeanaland.
In 1882 het die twee Boererepublieke Goosen en Stellaland van Brits-Betsjoeanaland afgeskei. Vir baie maande, beginnende in 1883, is druk geplaas op die Britse regering om iets te doen in Betsjoeanaland weens die onrus in die gebied. Op 29 Oktober 1884 het die Britse regering sir Charles Warren aangestel as spesiale kommissaris van Betsjoeanaland. Op 13 November 1884 het die parlement 'n bedrag van £675 000 (dit is gelykstaande aan meer as £32 000 000 vandag) vir militêre operasies in Betsjoeanaland toegestem.[3] Sir Charles Warren is bevoeg om 'n onreëlmatige krag van 1 500 mans in Suid-Afrika te werf, bykomend tot die gereelde troepe wat voorsien sal word.[3]
'n Krag van 4 000 troepe, gelei deur sir Charles Warren, is vertrek om Stellaland en Goosen te herwin. Op 7 Februarie 1885 het die krag Vryburg, die hoofstad van Stellaland, bereik en aansluitend voortgegaan tot Mahikeng, die hoofstad van Goosen. Op 8 April 1885 het sir Charles Warren in 'n versending die Britse Regering in kennis gestel dat hy Betsjoeanaland beset en die orde heeltemal herstel het. Die twee Boererepublieke het ineengestort sonder enige bloedvergieting.
Op 30 September 1885 is Stellaland, Goosen en ander gebiede in die suide van die Moloporivier saamgesmelt tot die kroonkolonie van Brits-Betsjoeanaland. In 1891 is die Suider-Afrikaanse Doeane-unie uitgebrei na Brits-Betsjoeanaland en in 1895 is die kolonie by die Kaapkolonie ingelyf, en vorm nou deel van Suid-Afrika, die gebied rondom Mahikeng.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.