From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bosvark (Potamochoerus larvatus) is 'n dier wat aan die ooskus gebied van Suid-Afrika, die Limpoporivier en oor feitlik die hele Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Die dier lyk meer soos 'n vlakvark as na 'n gewone vark.
Bosvark | |
---|---|
Bosvark (P. larvatus koiropotamus) by die San Diego-dieretuin. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Potamochoerus |
Spesie: | P. larvatus |
Binomiale naam | |
Potamochoerus larvatus (F. Cuvier, 1822) | |
Die kleur varieer van grysbruin tot donkerbruin en word donkerder met die jare. Die maanhare is ligter en kan opgelig word. Die gesig is ligter van kleur en onder na die bene word dit swart. Die slagtande is kort en skerp. Hulle verkil verder van vlakvarke omdat hulle nie sulke prominente vratte het nie en die tande is kleiner, die snoete is smaller en die ore skerper gepunt.
Die bere word tot 82 kg swaar en is swaarder as die sôe.
Die sôe het 'n dratyd van ±4 maande en tussen November en Januarie word van drie tot agt kleintjies gebore.
Hulle natuurlike vyande is luiperds. Bosvarke vreet hoofsaaklik wortelstokke, bolle, knolle maar ook blare, groente, erdwurms en vrugte. Hulle vorm troppe van 6 tot 12 diere en kom voor in of naby ruigtes, rivierbosse en rietkolle naby water.
Subspesies sluit in:
Wikimedia Commons bevat media in verband met Potamochoerus larvatus. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.