From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Boesmanland is 'n streek in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die streek strek vanaf Calvinia in die suide tot by die Oranjerivier in die noorde en ooste, Namakwaland in die weste en die Sakrivier en die Hartbeesrivier in die ooste.[1]
Die dorpe Brandvlei, Pofadder en Aggeneys, asook gehuggies soos Namies en Bosluispan, lê in Boesmanland. Die landskap bestaan uit uitgebreide vlaktes wat deur inselberge, soos Gamsberg, onderbreek word. Die naam van die streek is van sy eertydse inwoners, die Boesmans (San-bevolkingsgroep), wat steeds daar aangetref word, afgelei.[2]
Die Sishen-Saldanha-spoorlyn loop deur die Boesmanland. Vaalputs, waar kernafval gestoor word, is tussen Boesmanland en Namakwaland geleë.
Boesmanland is 'n dor en droë gebied grensend aan Namakwaland. Dit is waarskynlik die mees onherbergsame streek in Suid-Afrika. Die grond is grotendeels onvrugbaar en die grondwater het 'n hoë soutgehalte. Die flora en fauna, hoewel skaars, is van groot belang. Hoewel die veld te dor is om te bloei (soos aan die weskus van Namakwaland), selfs nie wanneer dit in die lente reën nie, is plantjies wat opkom ongewoon en dikwels van asemrowende skoonheid.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.