From Wikipedia, the free encyclopedia
Bobbejaan-se-dood of gemsbokhoring (Sansevieria pearsonii) is 'n spesie in die genus Sansevieria in die divisie van bedeksadiges (blomdraende plante, Angiospermae) in die koninkryk van plante (Plantae) en is inheems aan Suid-Afrika. Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Bobbejaan-se-dood | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Nolinoideae |
Genus: | |
Spesie: | S. pearsonii |
Binomiale naam | |
Sansevieria pearsonii N.E.Br. | |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n meerjarige vetplant wat 1 m hoog kan word en 'n waaier van harde, geribde, silindriese blare het wat mekaar naby die grond oorvleuel. Die blare het 'n skerp punt. Die plant kry are van geurige, roomkleurige blommetjies wat gewoonlik in die nag oop is. Die vrugte is groot oranje bessies wat deur die voëls gewaardeer word. Dit groei goed in die skaduwee of halfskaduwee.[3] Die plant groei en versprei vanuit 'n wortelstok en kan groot kolonies vorm. Die blare word geoes omrede dit sterk vesels bevat wat tot tou verwerk word.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.