From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bloubok (Hippotragus leucophaeus) is 'n uitgestorwe boksoort en die eerste groot Afrika-soogdier wat in historiese tye uitgesterf het. Dit was verwant aan die bastergemsbok en swartwitpens, alhoewel die bloubok 'n kleiner liggaamsbou gehad het. Hierdie bokke het in die suidwestelike kusgebied van Suid-Afrika voorgekom en hulle was endemies aan die renosterveld[1] Hulle het moontlik 'n wyer verspreidingsgebied gehad tydens die laaste glasiale tyd, sowat 10 000 jaar gelede.
Bloubok | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. leucophaeus |
Binomiale naam | |
Hippotragus leucophaeus Pallas, 1766 | |
Eertydse verspreidingsgebied |
Europeërs het in die 17de eeu met die bloubok in aanraking gekom, alhoewel dit teen hierdie tyd reeds 'n skaars dier was. Tog is daar jag op die dier gemaak en sy habitat vernietig om plek vir plase te maak. Teen ongeveer 1800 het die dier uitgesterf. Daar is vier opgestopte spesimens wat vandag bestaan; in museums in Wenen, Stockholm, Parys en Leiden. Beendere en horings word ook op ander plekke gehuisves. Geen van hierdie monsters dui egter op 'n blou pels nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.