From Wikipedia, the free encyclopedia
Ben Kruger (25 Maart 1957 – 25 Mei 2021), was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle van Okkie Ferreira in Binnelanders, Neef Gert in 7de Laan en Sakkie Bezuidenhoudt in die SAUK2 se dramareeks, Zero Tolerance.[1] Hy sterf op 25 Mei 2021 in die ouderdom van 64 weens Covid-19.[2]
Ben Kruger | |
Geboorte | 25 Maart 1957 Bothaville |
---|---|
Sterfte | 25 Mei 2021 (op 64) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Kruger is op 25 Maart 1957 op Bothaville in die Vrystaat gebore. Sy pa was 'n pastoor in die plaaslike AGS-gemeente en sy ma 'n nooi van Bloemfontein. Op tweejarige ouderdom verhuis hulle na Kaapstad en op vierjarige ouderdom na Johannesburg waar hy sy skoolopleiding by die Hoër Seunskool Helpmekaar voltooi het.
Na skool het Kruger vir 18 maande diens in die Suid-Afrikaanse Vloot gedoen, waarna hy sy B.A. (Drama) aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.