eksperimentele vliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bell X-1 (Bell Model 44) is 'n vuurpylaangedrewe vliegtuig, aanvanklik eers XS-1 genoem, en was 'n gesamentlike projek onderneem deur die National Advisory Committee for Aeronautics, United States Army Air Forces en die latere Amerikaanse Lugmag. Die vliegtuig is vervaardig deur Bell Aircraft. Die konsep het reeds in 1944 ontstaan en die ontwerp is in 1945 voltooi en die vliegtuig ook in 1945 gebou. Dit het 'n snelheid van 1 600 km/h in 1948 bereik. 'n Verbetering van die vliegtuig, die Bell X-1A, met groter brandstoftenks, wat tot gevolg het dat die vuurpyl langer kon ontbrand, het 'n snelheid van 2 600 km/h bereik in 1954.[1] Die X-1, met Chuck Yeager as die vlieënier, was die eerste bemande vliegtuig wat deur die klankgrens gebars het in gelykvlug. Dit was ook die eerste van die reeks X-vliegtuie, Amerikaanse eksperimentele vliegtuie wat bestaan het uit vuurpyl- en nievuurpyl-vliegtuie wat ontwerp was om nuwe tegnologie te toets.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.