Barbie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Barbie (handelsnaam) is 'n gewilde pop in die vorm van ’n slanke jong meisie met ’n groot verskeidenheid modieuse klere.[1] Die poppe word deur die Amerikaanse speelgoedfabrikant Mattel vervaardig. Die eerste Barbie-poppe (die "Barbie Ponytail") is in Maart 1959 vrygestel. Dogtertjies kon tussen die blonde en brunet-weergawes kies.
Barbie | |
Kenteken van Barbie | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | 9 Maart 1959 |
Geskep deur | Ruth Handler |
Inligting | |
Spesie | Mens |
Geslag | Vroulik |
Beroep | verskeie |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Ruth Handler, een van die stigters van Mattel, het gesien hoe haar dogter Barbara met papier-aantrekpoppe speel. Dit gee haar die idee om so 'n pop in 3D te maak. Sy reis in 1956 deur Switserland, waar sy die die pop Lilli raakloop, wat deur 'n Duitse vervaardiger gemaak is. Mattel het besluit om die regte te koop, en 'n soortgelyke pop in die Verenigde State van Amerika te bemark.
Die modeontwerper Charlotte Johnson het die eerste kleertjies vir die pop gemaak. Die pop het die naam Barbie gekry, genoem na die troetelnaam van Handler se dogter, omdat sy die inspirasie vir die pop was. Barbie se volle naam is Barbara Millicent Roberts (na die reklame-agentskap Carson and Roberts wat destyds 'n groot rol in die bevordering van Barbie gespeel het).
Barbie se "geboortedatum" is 9 Maart 1959. Op hierdie dag is die poppe aan kopers by die "Toy Fair" van 1959 bekendgestel. In dieselfde jaar is met massaproduksie begin.
Barbie se manlike ekwivalent, Ken, so vernoem na Kenneth (Ruth Handler se seun), het twee jaar later die lig gesien. Die Afro-Amerikaanse pop Christie het in 1968 gevolg, en in 1997 is Becky vrygestel, wat in 'n rolstoel sit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.