From Wikipedia, the free encyclopedia
Avigdor Arikha (28 April 1929 – 29 April 2010) was 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige.
Avigdor Arikha (oorspronklik Victor Długacz) is gebore in 'n Duitssprekende Joodse gesin in Rădăuţi, maar het grootgeword in Czernowitz in Bukovina, Roemenië (nou in Oekraïne).[1]
Hy en sy gesin is in 1941 gedwing om na die Roemeense konsentrasiekampe van Transnistria te gaan, waar sy vader uiteindelik sou sterf. Hy het egter danksy die tekeninge wat hy van deportasietonele gemaak het oorleef, wat gou aan verteenwoordigers van die Internasionale Rooikruis gewys is.
Arikha het in 1944 na die toe-nog Brits-beheerde gebied van Palestina geëmigreer saam met sy suster. Hy het tot 1948 in die Kibboets van Ma'ale HaHamisha gewoon. In 1948 was hy ernstig gewond in die Israelse Onafhanklikheidsoorlog. Van 1946 tot 1949 het hy die Bezalel Kunsskool in Jerusalem bygewoon.
In 1949 het hy 'n beurs gewen ten einde te kan studeer by die Ecole des Beaux Arts in Parys, waar hy die freskotegniek aangeleer het. Van 1954 af het Arikha in Parys gewoon. Arikha was vanaf 1961 tot met sy dood getroud met die Amerikaanse digteres en skryfster Anne Atik saam met wie hy twee dogters gehad het. Arikha het op 29 April 2010 in Parys gesterf,[2] te wete die dag na sy een-en-tagtigste verjaardag.
In die laat 1950's het Arikha se styl verander in een van abstraksie en het hy homself gevestig as 'n abstrakte skilder, maar hy het egter uiteindelik aan abstraksie begin dink as 'n doodloopstraat.
In 1965 het hy opgehou skilder en begin teken, slegs gebaseer op onmiddellike, lewendige tonele, en met die behandeling van alle onderwerpe in 'n enkele sitting. Hy het op die weg voortgegaan vir die volgende agt jare, en sy aktiwiteite was tot laat-1973 beperk tot tekeninge en drukwerk. Dit was toe dat hy 'n drang gevoel het om voort te gaan met skilderwerk.
Hy het, in die woorde van sy doodsberig in die Economist tydskrif, geword wat bestempel kan word as "miskien die beste skilder van onmiddellike en lewendige tonele tydens die laaste dekades van die 20ste eeu".[3]
Hy het daarna voortgegaan om slegs direk van die voorwerp, in natuurlike lig, te skilder, met geen voorlopige sketse nie, en het die skildery, pastel, druk, ink of tekening in een sessie voltooi. Sy diepgaande kennis van kunstegnieke en sy meesterlike tekenaarskap het hom in staat gestel om tot die einde van sy lewe te hou by die beginsel van onmiddellikheid, wat deels geïnspireer is deur voorbeelde van skilderye uit China wat met die kwas geskilder is.
Dit was 'n beginsel wat hy gedeel het met sy nabye vriend Henri Cartier-Bresson,[4] aan wie se "instant décisif" dit herinner het.
Hy het eksklusief van lewendige en onmiddellike tonele geskilder en geteken, en nooit uit sy geheue en fotografie nie, en het sodoende daartoe gemik om die waarheid wat voor sy oë op daardie spesifieke oomblik afgespeel het voor te stel. Hy is bekend om sy portrette, naaktonele, stillewes, en landskappe, wat op realistiese en spontane wyse gelewer is, maar in hul radikale ruimtelike samestelling duidelik die lesse toon van abstraksie, en in besonder die van Piet Mondriaan. Hy het illustrasies gemaak vir sommige van die tekste van Samuel Beckett, met wie hy 'n naby vriendskap sou hou tot die skrywer se dood.
In die woorde van die kunskritikus Marco Livingstone, het Arikha "die modernistiese avant-garde van suiwer abstraksie; en die tradisies van skilder en teken uit direkte observasie-wat terug strek na die Renaissance-, oorbrug. Hy was op hardkoppige wyse daarop gesteld en het aangedring daarop dat hy nie deel was van enige "terugkeer na figurasie" nie, maar eerder sy eie weg gevind het as " 'n post-abstrakte verteenwoordigende kunstenaar.".[5]
Arikha het 'n aantal aangevraagde portrette geskilder, insluitende die van Koningin Elizabeth, die Koningin-moeder (1983), en die van Alec Douglas-Home, voormalige eerste minister van die Verenigde Koninkryk (1988), wat beide in die versameling van die Skotse Nasionale Portretgalery, Edinburgh is. Ander portrette sluit die van Catherine Deneuve (1990) vir die Franse staat, of die van die voormalige Eersteminister Pierre Mauroy vir die stad van Lille in.
As 'n kunsgeskiedkundige, het Arikha katalogusse geskryf vir uitstallings op Poussin en Ingres waarvoor hy kurator was by die Musée du Louvre, die Frick Versameling van New York, die Museum van Fyn Kunste, Houston, en die Israel Museum in Jerusalem. Sy skrywes sluit Ingres, Fifty Life Drawings (Museum van Fyn Kunste, Houston/Frick Versameling, New York, 1986); Peinture et Regard (Parys: Hermann, 1991, 1994; nuwe, aangevulde uitgawe 2011); On Depiction (Londen: Bellew Publiseerders, 1995); en verskeie essays wat gepubliseer is in tydskrifte soos die New York Boekeresensie,[6][7] The New Republic, Commentaire, Literary Imagination, ens. in.
Hy het ook lesings gegee by Princeton Universiteit, Yale-universiteit, by die Frick Versameling in New York Stad, by die Prado Museum in Madrid, en by baie ander liggings. In 2006 was hy uitgenooi na die Thyssen-Bornemisza Museum in Madrid om 'n aantal werke van sy versameling te selekteer en om die inleidings te skryf vir die katalogus wat die gevolglike uitstalling begelei het[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.