From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Audi Pikes Peak quattro was 'n sportnutskonsepmotor. Dit is geskep deur die Duitse premium motorvervaardiger, Audi.[1][2] Die Pikes Peak quattro is die eerste keer in 2003 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou tentoongestel. Dit was die eerste van drie konsepmotors deur Audi ontwerp en vertoon in 2003, voor die Audi Nuvolari quattro en die Le Mans quattro.
Die Pikes Peak quattro is vernoem na die beroemde bergklimroete Pikes Peak in die Rocky Mountains. Hier het hulle vele algehele oorwinnings behaal en rekords verbeter gedurende die 1980's, as gevolg van die vermoë van die "quattro" motors op moeilike terrein.
Die Pikes Peak quattro se ontwerp is sederdien verder ontwikkel in die produksie Audi Q7.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.