Die Atlantiese hoefysterkrap (Limulus polyphemus) is die enigste hoefysterkrap wat in Noord-Amerika voorkom. Hulle kom veral op die strande van die Delawarebaai voor om hul eiers te lê. Die ander drie spesies kom aan die kuste van Oos-Asië voor.[3]
Atlantiese hoefysterkrap | |
---|---|
St. Lucie County Akwarium, Florida | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Subfilum: | Chelicerata |
Orde: | Xiphosura |
Familie: | Limulidae |
Genus: | Limulus |
Spesie: | L. polyphemus |
Binomiale naam | |
Limulus polyphemus | |
Sinonieme | |
|
Hoefysterkrappe is regte lewende fossiele wat reeds sedert 450 miljoen jaar aan die oseaankuste voorkom.[3] Hulle is daarom wetenskaplik interessant en daar is baie navorsing op hulle gedoen.
Die bloed
Die hoefysterkrap se bloed is helderblou en dit word dikwels afgetap vir mediese doeleindes. Dit bevat immuunselle wat baie gevoelig is vir die teenwoordigheid van bakterië. Dit word gebruik om die suiwerheid van entstowwe te toets.
Nie alle krappe oorleef egter die aftap van hulle bloed nie en die diere word ook geëet en vir visaas gebruik. Dit bedreig die spesie se voortbestaan en alternatiewe toetse is nou ontwikkel.[3]
Die oë
Hoefysterkrappe het elf oë. Hulle het twee groot laterale saamgestelde oë, wat elk ongeveer 1 000 trosse fotoreseptore of ommatidia bevat. 'n Klein lens binne elke ommatidium fokus lig vanaf 'n klein stukkie visuele ruimte op elke fotoreseptorgroepering, wat deur 'n senuvesel inligting oor plaaslike veranderinge in ligintensiteit na die brein oordra. Daar is drie pare bykomende eenvoudige oë aan die bokant van die dier se eerste (anterior) hoofliggaamsgedeelte, die mediane osellêre oë en die laterale en mediane larwale oë.[4]
Die kieue
Die dier se kieuboeke bevat 'n kraakbeenagtige endoskelet. Die ekstrasellulêre matriks bevat chondroïtien-4-sulfaat en reageer net soos gewerwelde kraakbeen op histochemiese toetse vir glikoosaminoglikane (GAG's).[5]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.