Arusha
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arusha is 'n stad en streek in die noorde van Tanzanië. Die stad is op 'n plato in die Groot Skeurvallei tussen die Serengetivlakte, die Ngorongoro-krater, Manyarameer, Olduvaikloof en die berg Kilimandjaro geleë. In Arusha is Oos-Afrika se wetgewende vergadering gesetel. Die stad sal later as hoofstad van die beplande Federasie Oos-Afrika dien.
Amptelike dokumente wat onafhanklikheid aan Tanzanië verleen het, is in 1961 deur die Verenigde Koninkryk in Arusha geteken. Die Arusha-verklarings vir selfbehoud in Tanzanië is in 1964 in Arusha geteken. Die Arusha-ooreenkomste is op 4 Augustus 1993 in Arusha geteken deur verteenwoordigers van die verskillende partye betrokke by die Rwandese Burgeroorlog. Die Internasionale Kriminele Tribunaal vir Rwanda is in Arusha geleë.
Arusha is ook die Hindoenaam vir die 'opkomende son'.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.