Artemis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Artemis (Grieks: Ἄρτεμις) was een van die gode in die Griekse mitologie wat die wydste aanbid is. Sy was een van die twaalf Olimpiese gode: die dogter van Zeus en Leto en die suster van Apollo.
Sy was die godin van die jag, woude en heuwels, die maan, geboorte, maagdelikheid en vrugbaarheid, en word dikwels in die kuns uitgebeeld as ’n jagter met ’n pyl en boog.[1] Die hert en sipres was vir haar heilig. In latere mites het sy selfs die antieke rol van Eileitia oorgeneem en gehelp met geboortes.
Artemis is later verbind met Selene,[2] ’n Titaan wat ’n Griekse maangodin was en soms uitgebeeld is met ’n halfmaan bo haar kop. Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Diana.[3]
Teenstrydige weergawes van die geboorte van Artemis en haar tweelingbroer, Apollo, kom in die Griekse mitologie voor. Volgens een weergawe het Zeus se jaloerse vrou, Hera, Leto verbied om te kraam nadat Zeus haar swanger gemaak het. Die eiland Delos het Leto egter toestemming gegee om haar kinders daar te kry.[4]
Die mites verskil ook oor of sy of Apollo die oudste was. In die meeste verhale word Artemis eerste gebore en word dan haar ma se vroedvrou met die geboorte van Apollo.
In ’n gedig deur Callimachus vra Artemis vir Zeus om ses wense vir haar te vervul: om vir ewig ’n maagd te bly en nooit te trou nie, sy vra honde, takbokke om haar strydwa te trek en nimfe om saam met haar te jag — 60 van die rivier en 20 van die see – en laastens ’n silwerboog soos Apollo s’n. Hy vervul haar ses wense.[5]
Al Artemis se gesellinne het maagde gebly en Artemis het jaloers gewaak oor haar eie maagdelikheid.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.