twee interaktiewe sterrestelsels From Wikipedia, the free encyclopedia
Arp 220 is twee botsende interaktiewe sterrestelsels wat besig is om saam te smelt. Hulle is sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Slang.
Arp 220 | ||||
Die botsende sterrestelsels Arp 220. | ||||
Soort stelsel | Interaktiewe sterrestelsels | |||
Sterrebeeld | Slang | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h 34m 57.1s[1] | |||
Deklinasie | +23° 30′ 11″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,9[1] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 250 miljoen | |||
Rooiverskuiwing | 5 434 ± 7 km/s[1] | |||
Ander name | IC 1127, IC 4553, UGC 9913, PGC 55497 | |||
Lugkoördinate | ||||
15h 34m 57.1s, +23° 30′ 11″ | ||||
|
Arp 220 is die naaste ultrahelder infrarooi sterrestelsel (ULIRG) aan die Aarde. Sy energieproduksie word oorheers deur die infrarooideel van die spektrum.[2] Dit word dikwels beskou as die tipiese ULIRG en word as gevolg daarvan baie goed bestudeer.
Die grootste deel van sy energieproduksie is waarskynlik vanweë ’n groot uitbarsting van stervorming wat veroorsaak kan word deur die samesmelting van twee kleiner sterrestelsels.
Waarnemings in 2002 en 1997 deur die Hubble-ruimteteleskoop in die sigbare en die infrarooi-spektrum het meer as 200 groot sterreswerms in die middelste deel van die sterrestelsel onthul. Die grootste swerm is sowat 10 000 000 M☉.[3]
X-straalwaarnemings deur die Chandra-sterrewag en XMM-Newton-satelliet het getoon Arp 220 het waarskynlik ’n aktiewe sterrestelselkern in sy middel. Dit laat interessante vrae ontstaan oor die verband tussen samesmeltings en aktiewe kerns, aangesien die samesmelting van sterrestelsels dikwels steruitbarstings veroorsaak en dalk ook supermassiewe swartkolke teweegbring soos die een wat skynbaar die aktiewe kern van Arp 220 van energie voorsien.
In Oktober 2011 het sterrekundiges tegelykertyd ’n rekordgetal van sewe supernovas in Arp 220 ontdek.[4][5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.