Argeoseismologie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Argeoseismologie is 'n interdissiplinêre wetenskap wat die aardbewings van die verlede bestudeer deur vergelyking met argeologiese gegewes. Dit word as onderverdeling van die geologiese dissipline paleoseismologie beskou, maar dit kan ook as dié onderverdeling van die argeologie gesien word wat die invloed van seismiese gebeurtenisse op die geskiedenis van die mens as onderwerp het.
Die boek Archeoseismology van Stiros en Jones uit 1996 kan as die begin van hierdie wetenskap beskou word. Sedert hierdie tyd het die aantal publikasies op hierdie vakgebied skielik gegroei. Soms is daar ook vergelykings met geskiedkundige bronne moontlik. Die groot aardbewing van 365 n.C. op Kreta is 'n goeie voorbeeld hiervan. [1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.