From Wikipedia, the free encyclopedia
Die menslike areola (areola mammae) is ’n gepigmenteerde area op die bors om die tepel. ’n Algemener betekenis van "areola" is ’n klein, ronde area aan die menslike liggaam met ’n ander soort samestelling as die res van die vel of ’n ander ronde vlek soos ’n deel van die vel wat ontsteek is.
Vroulike borste het klein openings in die areola wat ’n vloeistof afskei om die tepel tydens borsvoeding te beskerm.[1]
Areolas se kleur kan wissel van pienk of rooi tot donkerbruin of amper swart, maar is gewoonlik ligter by mense met ’n ligte velkleur en donkerder by mense met ’n donker velkleur.
Die grootte en vorm van areolas en tepels wissel ook baie van mens tot mens. Vroue s’n is gewoonlik groter as dié van mans of meisies voor hulle puberteit. Menslike areolas is meestal rond, maar by sommige vroue met groot areolas is hulle ovaalvormig.
Die gemiddelde deursnee van ’n man se areola is sowat 28 mm en ’n volwasse vrou s’n 38,1 mm, hoewel vroue s’n groter as 100 mm kan wees.[2] Tydens die borsvoedingstadium kan ’n vrou se areola nóg groter wees.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.