Die groot-pikkewyne (Aptenodytes) is 'n voëlgenus in die familie van pikkewyne (Spheniscidae). Die wetenskaplike naam Aptenodytes is afgelei uit Grieks en beteken "vluglose duiker".
Aptenodytes Tydperk: Sedert Plioseen | |
---|---|
A. forsteri | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Aptenodytes Miller,JF, 1778 |
Spesies | |
Verspreiding van groot-pikkewyne: ██ Aptenodytes forsteri |
Die pikkewyne wat aan die genus groot-pikkewyne behoort, is waarskynlik die bekendste pikkewyne onder die algemene publiek. Hulle swart en wit verekleed met geel-oranje nekmerke is so bekend dat hulle wêreldwyd die "tipiese" voorstelling van pikkewyne verteenwoordig.
In werklikheid is pikkewyne in dié genus egter ver van wat miskien as die grondplan vir 'n pikkewyn gesien kan word. Die twee pikkewyne is baie groter en swaarder as die res van die pikkewyne. Verder is hulle die enigste pikkewyne wat geen neste bou nie, maar hulle eiers op hulle voete uitbroei.
Spesies
Slegs twee van die 18 pikkewynspesies word in die genus Aptenodytes saamgevat. Dit is die keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri) en die effens kleiner koningpikkewyn (Aptenodytes patagonicus).
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot-pikkewyne.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Groot-pikkewyne
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.