Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies sedert 2017 From Wikipedia, the free encyclopedia
António Manuel de Oliveira Guterres (Portugees: [ɐ̃ˈtɔnju ɡuˈtɛʁɨʃ]; 1949-) is 'n Portugese en Oos-Timorees politikus en die huidige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN). Guterres was van 1995 tot 2002 die minister-president van Portugal en van 2005 tot 2015 die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in Genève.
António Guterres | |
António Guterres in 2016 | |
9de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Januarie 2017 | |
Vise | Amina Mohammed |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ban Ki-moon |
10de VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge | |
Ampstermyn 15 Junie 2005 – 31 Desember 2015 | |
Voorafgegaan deur | Ruud Lubbers |
Opgevolg deur | Filippo Grandi |
114de Eerste Minister van Portugal | |
Ampstermyn 28 Oktober 1995 – 6 April 2002 | |
President | Mário Soares Jorge Sampaio |
Voorafgegaan deur | Aníbal Cavaco Silva |
Opgevolg deur | José Manuel Barroso |
President van die Sosialistiese Internasionaal | |
Ampstermyn November 1999 – Junie 2005 | |
Voorafgegaan deur | Pierre Mauroy |
Opgevolg deur | George Papandreou |
Sekretaris-generaal van die Sosialistiese Party | |
Ampstermyn 23 Februarie 1992 – 21 Januarie 2002 | |
President | António de Almeida Santos |
Voorafgegaan deur | Jorge Sampaio |
Opgevolg deur | Eduardo Ferro Rodrigues |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 30 April 1949 Lissabon, Portugal |
Politieke party | Sosialistiese Party |
Eggenoot/-note | Luísa Guimarães e Melo (1972–1998) Catarina Vaz Pinto (2001–hede) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Instituto Superior Técnico |
Handtekening |
Guterres is op 30 April 1949 in Lissabon gebore, waar hy 'n graad in elektriese ingenieurswese (cum laude) verwerf. Hy betoog nie saam met ander studente teen die regime van Antonio Salazar nie, maar was aktief by sosiale projekte betrokke.
In 1972 sluit Guterres by die Sosialistiese Party aan en word kort daarna 'n voltydse politikus. Ná die militêre staatsgreep van 1974 help hy sy party om te herorganiseer. In die jare daarna beklee hy verskillende funksies, onder andere as die party se sekretaris-generaal.
In 1995 wen hy die algemene verkiesing en word hy Portugal se minister-president. Hy was 'n gewilde leier en sy bewind is deur ekonomiese groei gekenmerk. Ná sy herverkiesing in 1999 taan sy gewildheid egter as gevolg van interne konflik in die party.
Die Sosialistiese Party verloor die verkiesing van 2002 en hy is deur José Manuel Barroso as premier opgevolg. Guterres was daarna tot Junie 2005 die president van Sosialistiese Internasionaal. Toe Ruud Lubbers die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in 2005 verlaat, is Guterres as sy opvolger verkies.
Guterres is op 5 Oktober 2016 deur die VN se Veiligheidsraad as Ban Ki-moon se opvolger aangewys. Hy lê die ampseed op 12 Desember 2016 af en fungeer vanaf 1 Januarie 2017 as die VN se sekretaris-generaal.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.