Anortosiet is 'n faneritiese, intrusiewe stollingsgesteente wat gekenmerk word deur 'n oorwig plagioklase-veldspaat (90–100%), en 'n baie klein mafiese komponent (0–10%). Pirokseen, ilmeniet, magnetiet en olivien is die oorwegende mafiese minerale.
Aardse anortosiet kan in twee soorte verdeel word: Proterozoïese anortosiet (ook bekend as massiewe anortosiet) en Archeïese anortosiet. Hierdie twee soorte anortosiet het verskillende omstandighede van voorkoms, blyk tot verskillende periodes in die geskiedenis van die aarde beperk te wees, en het vermoedelik verskillende oorspronge gehad.
Lunêre anortosiete verteenwoordig die liggekleurde areas van die maanoppervlak en was al aan heelwat navorsing onderworpe.[1]
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.