Anna van Groot-Brittanje

From Wikipedia, the free encyclopedia

Anna van Groot-Brittanje

Anna (Engels: Anne; 6 Februarie 16651 Augustus 1714) het op 8 Maart 1702 koningin van Engeland, Ierland en Skotland geword. Sy het haar swaer, Willem III van Engeland en II van Skotland opgevolg. Haar Katolieke pa, Jakobus II en VII, het geabdikeer en haar swaer en suster het toe mede-monarge geword as Willem III & II en Maria II, die enigste so ’n geval in die geskiedenis van Brittanje. Ná Maria se dood in 1694 het Willem alleen regeer tot sy dood in 1702.

Kitsfeite Vorstehuis, Titel ...
Anna
Koningin van Groot-Brittanje
(voorheen koningin van Engeland, Ierland en Skotland)
Thumb
Portret van Anna in 1705 deur Michael Dahl.
Vorstehuis Stuart
Titel Koningin van Groot-Brittanje
Koningin van Engeland
Regeer 8 Maart 17021 Augustus 1714
Ander titels Koningin van Frankryk
Voorganger Willem III & II
Opvolger George I
Gebore 6 Februarie 1665; Sint James-paleis, Londen
Oorlede 1 Augustus 1714; Kensington-paleis, Londen
Eggenoot Prins George van Denemarke
Kind Prins William, Hertog van Gloucester
Vader Jakobus II van Engeland
Moeder Lady Anne Hyde
Sluit

Op 1 Mei 1707 is Engeland en Skotland verenig as ’n enkele staat, die Koninkryk van Groot-Brittanje. Anna het die nuwe land se eerste monarg geword terwyl sy steeds afsonderlik koningin van Ierland was. Sy het ook die titel koningin van Frankryk gehad. Anna het 12 jaar geregeer tot haar dood in Augustus 1714.

Anna se lewe was vol krisisse, persoonlik sowel as weens haar bewind. Teen 1700 was sy minstens 17 keer swanger; daarvan het sy 11 keer óf ’n miskraam gehad óf die kind is doodgebore. Van die oorblywende ses kinders is drie op hul geboortedag dood en twee voor hulle twee jaar oud was. Haar enigste seun wat ouer geword het, William, Hertog van Gloucester, is op 29 Julie 1700 op 11-jarige leeftyd dood.[1]

Omdat sy sonder oorlewende kinders dood is, was sy die laaste monarg van die Huis van Stuart. Sy is opgevolg deur haar Protestantse kleinneef, George I van die Huis van Hannover van Duitsland wat ’n afstammeling van die Stuarts was deur sy ouma aan moederskant, Elizabeth, dogter van Jakobus VI & I.[1]

Kinders

Meer inligting Naam, Gebore ...
Naam Gebore Oorlede
Doodgebore dogter12 Mei 168412 Mei 1684
Mary2 Junie 16858 Februarie 1687
Anne Sophia12 Mei 16862 Februarie 1687
MiskraamJanuarie 1687Januarie 1687
Doodgebore seun22 Oktober 168722 Oktober 1687
Miskraam16 April 168816 April 1688
William24 Julie 168929 Julie 1700
Mary14 Oktober 169014 Oktober 1690
George17 April 169217 April 1692
Doodgebore dogter23 April 169323 April 1693
Doodgebore kind21 Januarie 169421 Januarie 1694
Doodgebore dogter18 Februarie 169618 Februarie 1696
Miskraam20 September 169620 September 1696
Doodgebore dogter25 Maart 169725 Maart 1697
MiskraamDesember 1697Desember 1697
Charles15 September 169815 September 1698
Doodgebore dogter25 Januarie 170025 Januarie 1700
Sluit

Verwysings

Bronne

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.