Angela Lansbury

Brits-Amerikaanse aktrise (1925-2022) From Wikipedia, the free encyclopedia

Angela Lansbury

Dame Angela Brigid Lansbury, DBE (16 Oktober 1925 tot 11 Oktober 2022) was ’n Brits-Iers[1]-Amerikaanse aktrise en sangeres wat in die teater, op televisie en in rolprente te sien was. Haar loopbaan strek oor sewe dekades en sy het internasionaal beroemd geraak.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Dame Angela Lansbury
Thumb
Angela Lansbury in 1950.

Geboortenaam Angela Brigid Lansbury
Geboorte 16 Oktober 1925
Londen, Groot-Brittanje
Sterfte 11 Oktober 2022 (op 96)
Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State
Beroep(e) Aktrise, sangeres
Aktiewe jare 1942-2022
Toekennings Orde van die Britse Ryk
Sluit

Haar eerste rolprentrolle was in Gaslight (1944) en The Picture of Dorian Gray (1945). In die musiekteater het sy in 1966 bekend geraak vir haar hoofrol in die Broadway-musiekstuk Mame, waarvoor sy ’n rits pryse gewen het. Sy sal ook veral onthou word vir die TV-reeks Murder, She Wrote (1984–1996).

Lansbury het ’n ere-Oscar gekry en het vyf Tony's, ses Golden Globes en ’n Olivier-prys gewen. Drie biografieë is oor haar geskryf.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.