Andrzej Towiański

Poolse filosoof From Wikipedia, the free encyclopedia

Andrzej Towiański

Andrzej Tomasz Towiański (* 1 Januarie 1799 in Antoszwińce, Litaue; † 13 Mei 1878 in Zürich, Switserland) was 'n Poolse filosoof van adellike afkoms en die leier van 'n messianistiese religieus-politieke groepering.

Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Andrzej Tomasz Towiański
Thumb
Portret van Andrzej Tomasz Towiański, ca. 1830

Gebore 1 Januarie 1799
Antoszwińce, Litaue
Oorlede 13 Mei 1878 (op 79)
Zürich, Switserland
Nasionaliteit  Pole
Vakgebied Filosofie, Teologie
Sluit

Lewe

Towiański is in Antoszwińce, 'n dorp naby die Litause hoofstad Vilnius gebore. Hy het by die gimnasium in Vilnius skool gegaan en later as regsstudent by die Universiteit van Vilnius ingeskryf waar hy ook kursusse oor Poolse en Latynse literatuur gevolg het. In 1818 het hy sy studies om onbekende redes gestaak.

As die charismatiese leier van die sogenaamde Towiańskiete-sekte (wat ook as Koło Sprawy Bożej of "die Kring van God se Saak" bekend gestaan het en vir 'n nuwe religie gepleit het wat op die idees van 18de eeuse mistiese losies gebaseer het),[1] het hy groot invloed op die Poolse romantiese digter Adam Mickiewicz uitgeoefen.

Hy is in Zürich oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.