From Wikipedia, the free encyclopedia
Ammoniete (Ammonoidea) is ’n uitgestorwe onderklas van die Cephalopoda (inkvisse). Hulle was seediere wat wêreldwyd in die Laat Paleosoïkum en die hele Mesosoïkum in groot getalle voorgekom het.
Ammoniete het ’n vlak, spiraalvormige skulp gehad wat opgebou was uit verskillende kamers. Telkens wanneer die dier te groot geword het vir die huidige kamer, is ’n nuwe, groter een gevorm. Hulle het in dié buitenste kamer geleef en die ander, ouer kamers gebruik om vertikaal te beweeg.
Die diere het in honderde soorte en variëteite voorgekom. Hul deursnee het gewissel van minder as ’n sentimeter tot meer as 2,5 meter. Die laaste lewende verwante is die Nautilidae.
Ammoniete het die eerste keer in die Laat Siluur hul verskyning gemaak, die Perm-Trias-uitwissing oorleef en in die Mesosoïkum gefloreer. Aan die einde van dié periode (65 miljoen jaar gelede) het die meeste ammoniete uitgesterf, nes die dinosourusse. Die jongste bekende fossiel kom uit Denemarke en behoort tot Hoploscaphites constrictus, wat nog tot sowat ’n half- tot een miljoen jaar gelede voorgekom het. Dié klein bevolkings was egter te min om die ammoniete van ondergang te red.
Die klassifikasie is gebaseer op die detail en struktuur van hul skulp:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.