Amaryllidaceae

From Wikipedia, the free encyclopedia

Amaryllidaceae
Remove ads

Die Amaryllidaceae of narsingleliefamilie[1] is ’n familie kruidagtige, hoofsaaklik meerjarige blombolplante, wat deel is van die eensaadlobbige orde Asparagales. Die familie se naam kom van die genus Amaryllis, vandaar die sinoniem amarillisfamilie.[2] Die blare is gewoonlik lynvormig, die blomme tweeslagtig en simmetries, en gerangskik in bloeiskerms aan die stam.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subfamilies ...

Die familie, wat in 1805 geskep is, bevat nou sowat 1 600 spesies, wat verdeel is in 75 genera, 17 tribusse en drie subfamilies: Agapanthoideae (agapante), Allioideae (uie en grasuie) en Amaryllidoideae (narsinglelies en affodille).

Amaryllidaceae word aangetref in die tropiese en subtropiese klimaatstreke en sluit baie sierplant en groente in.

Remove ads

Eienskappe

Thumb
Verskillende blomme. A: Crinum, B: Narcissus, C: Sprekelia, D: Agapanthus, E: Allium, F: Tristagma.

Die meeste spesies in die familie is blomplante met meestal grondwortels (’n paar is waterplante) en is meerjarige kruid- of vetplante. Die meeste genera groei van bolle, maar ’n paar soos Agapanthus, Clivia en Scadoxus ontwikkel uit risome (wortelstokke).[3]

Die blare is eenvoudige met parallelle are. Hulle kan langwerpig, ellipties, lans-, lyn- of garevormig wees, en is óf by die basis gegroepeer óf alternatiewelik om die stam gerangskik.

Die blomme, wat tweeslagtig is, is gewoonlik aktinomorf (radiaal simmetries), en aan die bokant van blaarlose stamme om blomskerms gerangskik. Die kroonblare en skutblare is ongedifferensieer as blomblare. Sommige spesies het ook ’n blomkroon.

Die vrugbeginsel is óf bo- óf onderstandig. Daar is ses meeldrade wat drie-drie gerangskik is. Die vrugte is droog en kapsulevormig, of vlesig en bessieagtig.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads