From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Tucanae (afgekort as α Tuc) is ’n dubbelster in die suidelike sirkumpolêre sterrebeeld Toekan. Met ’n skynbare magnitude van 2,86[3] is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit in die Suidelike Halfrond met die blote oog gesien word. Volgens parallaksmetings is dit sowat 200 ligjare van die Son af.[2]
Alpha Tucanae
| ||||
Die ligging van Alpha Tucanae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Toekan | |||
Spektraaltipe | K3 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 18m 30.09478s[2] | |||
Deklinasie | -60° 15′ 34.5263″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,86[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,05[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,39[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,54[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,5-3 | |||
Radius (R☉) | 37 | |||
Ligsterkte (L☉) | 424 | |||
Afstand (ligjaar) | 200 ± 7 | |||
Ander name | ||||
CPD-60° 7561, FK5 841, HD 211416, HIP 110130, HR 8502, SAO 255193[5] | ||||
|
Alpha Tucanae is ’n spektroskopiese dubbelster, wat beteken die twee sterre is nog nie met ’n teleskoop van mekaar onderskei nie, maar die teenwoordigheid van ’n metgeselster kan afgelei word uit metings van die spektrum van die primêre ster. Die stelsel se wentelperiode is 4 197,7 dae (11,5 jaar).[6]
Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van K3 III,[1] wat daarop dui dat dit ’n reusester is wat die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer het. Dit het die kenmerkende oranje kleur van ’n K-tipe ster. Dit is ’n koel ster met ’n effektiewe temperatuur van 4 300 K, maar sy ligsterkte is 424 keer dié van die Son en sy radius 37 keer die Son s’n. Sy massa is 2,5 tot 3 keer dié van die Son. Dit is nie heeltemal duidelik in watter evolusiestadium dit is nie.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.