From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Chamaeleontis (afgekort as α Cha) is die helderste ster in die suidelike sirkumpolêre sterrebeeld Kameleon (Chamaeleon). Dit het ’n skynbare magnitude van 4,06[3] en kan dus met die blote oog gesien word. Dit is 63,8 ligjare van die Son af.
Alpha Chamaeleontis
| ||||
Alpha Chamaeleontis se posisie (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kameleon | |||
Spektraaltipe | F5 V Fe-0.8[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 18m 31.55319s[2] | |||
Deklinasie | -76° 55′ 10.9964″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,06[3] | |||
Absolute magnitude (M) | +2,59[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,40[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,04[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,42[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 7,64[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 1,8 miljard[5] | |||
Temperatuur (K) | 6 776[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 0[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,26[1] | |||
Ander name | ||||
α Cha, CPD−76° 507, Gliese 305, HD 71243, HIP 40702, HR 3318, SAO 256496 | ||||
|
α Cha is ’n F-tipe hoofreeksster met ’n klassifikasie van F5 V Fe-0,8,[1] waar "Fe-0,8" ’n onreëlmatige lae voorkoms van yster aandui. Sy massa is 1,4 keer dié van die Son[5] en sy ligsterkte 7,64 keer[6] die Son s’n. Sy effektiewe temperatuur is 6 776 K.[5] Die ster is sowat 1,8 miljard jaar oud[5] en het ’n rotasiespoed wat te laag is om te meet.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.