From Wikipedia, the free encyclopedia
Algiers (Arabies: مدينة الجزائر, Berbers: دزاير, Frans: Alger) is die hoofstad en grootste stad van Algerië, 'n land in Noord-Afrika. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 212,63 km² en het 'n bevolking van 2 195 051 in 2008 gehad. Dit lê in die noorde van die land, langs die kus van die Middellandse See.
Kaart | Wapen |
Voormalige wapen | |
Land | Algerië |
Provinsie | Algiers |
Koördinate | 36°46′N 3°3′O |
Stigting | 944 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 212,63 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 3 915 811 |
- Bevolkingsdigtheid | 11 000/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 7 896 923 |
Tydsone | UTC+1 (MEST) |
Goewerneur | Abdelkader Seyouda |
Burgemeester | Mohamed Kebir Addou |
Die stad het 'n seehawe en 'n belangrike tekstiel- en leerindustrie. Daarnaas is dit veral 'n universiteitstad. Algiers bestaan uit twee dele: 'n moderne deel, wat aan die seekus gebou is, en die ou stad teen die steil heuwels.
Algiers is in 944 deur Buluggin ibn Ziri gestig. Hy was die seun van die stigter van die Ziriden-dinastie.
Die stadnaam is afgelei van Frans en Katalaans Alger,[1] vanaf die Arabiese naam al-Jazāʾir (الجزائر), "die eilande". Dié naam verwys na die vier voormalige eilande wat voor die kus geleë was, voordat hulle in 1525 deel van die vasteland geword het. Al-Jazāʾir is op sy beurt afgelei van die stad se ouer naam Jazaʾir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغانة), "die eilande van die seuns van Mazghana", gebruik deur vroeë Middeleeuse geograwe soos al-Idrisi en Yaqut al-Hamawi.
Die Antieke Grieke het na die stad verwys as Ikósion (Ἰκόσιον), wat onder Romeinse heerskappy as Icosium bekend was. Volgens die Grieke is dié naam afgelei van hul woord vir "twintig" (εἴκοσι, eíkosi), omdat die stad glo deur 20 metgeselle van Hercules gestig is, terwyl hy in die Atlasgebergte sy take verrig het.[2]
Algiers staan ook bekend as el-Behdja (البهجة, "Die vreugdevolle") of "Algiers die witte" (Alger la Blanche) weens sy witgekalkte geboue, wat vanaf die meer opstyg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.