From Wikipedia, the free encyclopedia
Albert de Wet is 'n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring. Sy debuutalbum, Dagboek Van 'n Dromer word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel.[1]
De Wet is in 2006 genomineer as 'n finalis in die "World song vision contest" en is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang. In 2007 stel hy sy tweede album, "3 Jaar" vry, en ook die album word genomineer vir 'n SAMA-toekenning as beste rock-album. Met die liedjie "Wat het gebeur by Aliwal-Noord?" verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.
In Julie 2010 stel de Wet sy derde album vry: "Die vensters na my siel", sowel as 'n album met al sy Engelse liedjies genaamd "Highway to your heart". In 2011 word die album "Die vensters na my siel" genomineer vir 'n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporere Album.
In Junie 2012 stel hy sy vyfde album, "Bang vir die Donker" vry. Hierdie album word benoem vir die 2013-Ghoema-musiekprys vir beste kontemporêre album deur 'n manlike kunstenaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.