Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ahmet I Bakhti (Ottomaanse Turks: احمد اول, moderne Turks: I.Ahmet; 18 April 1590 – 22 November 1617) was van 1603 tot 1617 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Ahmet I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Ahmet I Bakhti |
Ottomaanse naam | احمد اول |
Tydperk | 1603–1617 |
Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Mehmet III |
Opvolger | Mustafa I |
Gade | Kösem Sultan |
Toegra |
Hy het sy pa, Mehmet III, op 13-jarige ouderdom opgevolg. Hy het die tradisie van broedermoord verbreek en sy jonger broer, Mustafa, saam met sy ouma na die ou paleis in Beyazıt gestuur om daar te gaan bly. Hy was bekend om sy vaardighede in skermkuns, digkuns, perdry en tale.
Vandag word Ahmet I onthou vir die bou van die Sultan Ahmet-moskee, ook bekend as die Blou Moskee, een van die meesterstukke van Islamitiese argitektuur. Die gebied om die moskee in die hedendaagse Istanboel is nou bekend as Sultanahmet. Hy is in die Topkapi-paleis in die stad dood en is in ’n mausoleum net buite die mure van die bekende moskee begrawe.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.