Suid-Afrikaanse teoloog From Wikipedia, the free encyclopedia
Abel Pienaar (1969 – 1 Julie 2021) was ‘n godsdienstige skrywer met spirituele en sintretistiese sienings van die Christendom, Boeddhisme en Taoïsme as fokus. Hy was 'n voormalige NG Kerk dominee.
Abel Pienaar het twee grade in Teologie en 'n doktorsgraad in Filosofie van Godsdiens. Hy was vir meer as tien jaar 'n NG predikant voor dat hy bedank het en o.a. Zen Boeddhisme en Taoïsme begin bestudeer het.
Pienaar was die hoofleraar van Renaissance; 'n spirituele gemeenskap in Pretoria. Hy was ook direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit, vanwaar hy saam met ander, spiritualiteit en intergeloof-dialoog bestudeer en propageer. Pienaar is ook die skrywer en mede-skrywer van heelwat filosofiese en teologiese boeke. Abel het gereeld opgetree as spreker by konferensies op en hy was 'n gereelde deelnemer aan openbare debatte op TV en radio. Hy is ook die skrywer van 'n weeklikse blog, genaamd 'Kop en Hart', wat in Rapport koerant verskyn. Pienaar was getroud met Zelda en het drie kinders en 2 kleinkinders gehad en in Pretoria gewoon.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.