aankope as sakefunksie in ondernemings From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Aankoopfunksie van 'n onderneming is verantwoordelik vir voorraadbestuur, aankoop van voorraad en grondstowwe, skakeling met verskaffers en om op hoogte te bly met nuwe produkvrystellings en vervaardigingstendense. Dit behels ál die aktiwiteite wat betrekking het tot die verkryging van die middele wat 'n onderneming nodig het om sy aktiwiteite uit te voer en 'n wins te maak, byvoorbeeld die aankoop van grondstowwe, masjiene, voertuie, toerusting en voorraad.
Die aankoopafdeling speel 'n belangrike rol in die winsgewendheid van 'n onderneming, aangesien elke onderneming produkte en dienste nodig het. Die aankoopafdeling is verantwoordelik voor:
Die aankoopfunksie is belangrik omdat 'n onderneming verskillende produkte (grondstowwe, masjinerie, voorraad vir herverkoop, materiale en skoonmaakmiddels) nodig het om te funksioneer en sy spesifieke doelwit (wins) te bereik. 'n Onderneming het ook dienste nodig wat deur buite-instansies verskaf word om aktiwiteite binne die omgewing te vergemaklik, byvoorbeeld elektrisiteit, regsdienste, vervoer, berging en kommunikasiedienste.
Die aankooprekwisisie in 'n vorm wat deur die hoof van die produksie-, verkoop- of bergingsafdeling voltooi en dan na die aankoopafdeling gestuur word sodat die voorraad bestel kan word. Die aankoopversoekvorm word voltooi en aan die aankoopbestuurder gegee. Die volgende inligting moet op die vorm aangebring word:
Die aankoopafdeling kan skriftelike of telefoonnavrae doen en verskaffers versoek om die volgende te verskaf:
Die volgende bronne kan geraadpleeg word:
'n Tender is 'n verskaffer se skriftelike aanbod om sekere goedere en/of dienste te lewer. 'n Tender volg op 'n advertensie. Persone of instellings wat belangstel om die betrokke goedere en/of dienste te verskaf, maak 'n skriftelike aanbod en gee 'n vaste prys. Ná die sluitingsdatum word die tenders se pryse vergelyk. Die tender wat die voordeligste vir die onderneming is, nie noodwendig die goedkoopste tender nie, word aanvaar. 'n Tender is 'n bindende dokument. Dit beteken dat wanneer 'n verskaffer 'n tender ingedien het, hy verplig is om die goedere en dienste teen die prys wat aangedui is te lewer.
Verskeie aktiwiteite moet deur die aankoopdepartement uitgevoer word om goedere en dienste vir die onderneming by betroubare verskaffers te verkry. Vyf faktore speel 'n belangrike rol in die verkryging van goedere.
Die onderneming benodig produkte en dienste van die regte gehalte, teen die regte prys, op die regte plek, en op die regte tyd.
Die belangrikste aspek van die aankoopfunksie is om te verseker dat die produksiedepartement altyd voldoenede voorraad grondstowwe het en dat daar genoeg klaar voorraad is om in die behoeftes van klante te voorsien.
Aanduiding van gehalte:
'n Onderneming se winsgewendheid word deur elke aankoop beïnvloed. Daarom is dit belangrik dat grondstowwe, goedere, en dienste teen redelike pryse gelewer moet word.
Faktore wat pryse beïnvloed:
Die regte tyd vir aankope word bepaal deur die tipe mark waarin die aankope plaasvind, soos byvoorbeeld volmaakte markte, monopolieë, en onvolmaakte markte, asook die tipe materiaal wat benodig word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.