Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2002 Formule Een Britse Grand Prix is op 7 Julie 2002 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Brittanje gehou. Dit was die tiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Michael Schumacher in sy Ferrari gewen.
Die wedren het in droë toestande begin. In die opwarmingsrondte kon Rubens Barrichello weens 'n steeks enjin nie wegkom nie en hy moes agter wegspring. Juan Pablo Montoya neem die voortou met Michael Schumacher en Kimi Räikkönen op sy hakke. Barrichello het vinnig daarin geslaag om homself tot die agtste plek op te werk. Na ongeveer 11 rondtes het dit begin reën en almal is die kuipe binne vir reënbande. McLaren het met David Coulthard gedobbel deur hom langer op die nat baan te laat, maar hoewel dit hom 'n ruk lank die voortou in die wedloop gegee het, was dit 'n groot fout omdat hy daarna meer tyd verloor het.
In die res van die wedren het McLaren bly foute maak: Coulthard het vir reënbande ingekom, waarna dit ophou reën het, hy is ingebring vir gladde bande, waarna dit minder as 'n rondte later weer begin reën het. Die verkeerde keuses is ook by Räikkönen gemaak. In die reën was die Bridgestone-bande beter as Michelin s'n en Schumacher en Barrichello het Montoya redelik maklik verbygesteek om 'n aansienlike voorsprong op te bou.
Omdat Montoya één kuipestop minder as Barrichello gemaak het, het die Colombiaan voor Barrichello teruggekom, maar hy het hom ná 'n paar rondtes ingehaal. Ralf Schumacher was steeds vierde danksy die foute by McLaren en albei Renaults se uitval. Michael Schumacher was danksy hierdie oorwinning amper verseker van die wêreldtitel.
Posisie | Nommer | Renjaer | Span | Rondtes | Tyd/Oorsaak uitval | Roosterplek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Michael Schumacher | Scuderia Ferrari | 60 | 1:31:45.015 | 3 | 10 |
2 | 2 | Rubens Barrichello | Scuderia Ferrari | 60 | +14.578 | 2 | 6 |
3 | 6 | Juan Pablo Montoya | Williams-BMW | 60 | +31.661 | 1 | 4 |
4 | 11 | Jacques Villeneuve | BAR-Honda | 59 | +1 Ronde | 9 | 3 |
5 | 12 | Olivier Panis | BAR-Honda | 59 | +1 Ronde | 13 | 2 |
6 | 7 | Nick Heidfeld | Sauber - Petronas | 59 | +1 Ronde | 10 | 1 |
7 | 9 | Giancarlo Fisichella | Jordan-Honda | 59 | +1 Ronde | 17 | |
8 | 5 | Ralf Schumacher | Williams-BMW | 59 | +1 Ronde | 4 | |
9 | 8 | Felipe Massa | Sauber - Petronas | 59 | +1 Ronde | 11 | |
10 | 3 | David Coulthard | McLaren - Mercedes | 58 | +2 Rondes | 6 | |
11 | 17 | Pedro de la Rosa | Jaguar Racing | 58 | +2 Rondes | 21 | |
12 | 15 | Jenson Button | Renault | 54 | Wiel | 12 | |
Ret | 10 | Takuma Sato | Jordan-Honda | 50 | Enjin | 14 | |
Ret | 4 | Kimi Räikkönen | McLaren - Mercedes | 44 | Enjin | 5 | |
Ret | 14 | Jarno Trulli | Renault | 29 | Elektries | 7 | |
Ret | 21 | Enrique Bernoldi | Arrows - Cosworth | 28 | Dryfas | 18 | |
Ret | 16 | Eddie Irvine | Jaguar Racing | 23 | Getol | 19 | |
Ret | 20 | Heinz-Harald Frentzen | Arrows - Cosworth | 20 | Enjin | 16 | |
Ret | 24 | Mika Salo | Toyota | 15 | Aandrywing | 8 | |
Ret | 23 | Mark Webber | Minardi | 9 | Koppeling | 20 | |
Ret | 25 | Allan McNish | Toyota | 0 | Koppeling | 15 | |
DNQ | 22 | Alex Yoong | Minardi | 107% reël |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.