asteroïde From Wikipedia, the free encyclopedia
20000 Varuna (uitspraak: ˈværənə), met die voorlopige naam 2000 WR106, is ’n groot voorwerp in die klassieke Kuipergordel. Dit is moontlik ’n dwergplaneet en het ’n langwerpige vorm vanweë sy vinnige rotasie. Dit is in 2000 deur Spacewatch ontdek en is na die Hindoegod Varuna genoem.
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | Spacewatch (Robert McMillan) |
Datum | 28 November 2000 |
Kleinplaneet-benaming | (20000) Varuna |
Alternatiewe name | 2000 WR106 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV Cubewano [2] Uitgebreide VSV[3] |
Etimologie | ’n Hindoegod |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 4 September 2017 | |
Afelium | 45,157 AE |
Perihelium | 40,742 AE |
Halwe lengteas | 42,950 AE |
Wentelperiode | 281,49 jaar (102 812 dae) |
Gem. omwentelingspoed | 4,53 km/s |
Gem. anomalie | 111,77° |
Baanhelling | 17,197° |
Lengteligging van stygende nodus | 97,334° |
Periheliumhoek | 266,36° |
Minimum baankruisingsafstand: Jupiter | 35,99 AE |
Minimum baankruisingsafstand: Neptunes | 12,77 AE[4] |
Tisserand se parameter | 5,603 |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 668+154−86 km[5] |
Gem. radius | 450 ± 70 km |
Massa | ≈ 3,7×1020 kg[6] |
Gem. digtheid | 0,992 g/cm3[6] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,22 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,38 m/s2 |
Rotasieperiode | 6,3436 uur |
Sideriese rotasieperiode | 6,3418 uur[5] |
Temperatuur | ≈ 43-41 K |
Skynmagnitude | 19,9 [7] |
Absolute magnitude | 3,760±0,035[5] 3,7[1] |
Die grootte van groot KGV's kan bepaal word deur die gelyktydige waarneming van termiese emissie en weerkaatste sonlig. Ongelukkig word termiese metings, wat swak is vir verafgeleë voorwerpe, verder bemoeilik deur absorpsie van die Aarde se atmosfeer. Ramings van Varuna se deursnee wissel van 500 tot 1 060 km.[14] Termiese metings deur die Herschel-ruimtesterrewag in 2013 gee ’n deursnee van 668+154−86 km.
Varuna word geklassifiseer as ’n klassieke trans-Neptunus-voorwerp en volg ’n feitlik ronde wentelbaan met ’n halwe lengteas van ≈43 AE, soortgelyk aan dié van Quaoar maar met ’n groter helling. Sy wentelperiode is, nes Quaoar s’n, 283 jaar en sy rotasieperiode is sowat 6,34 uur.[1] Omdat die rotasiespoed so hoog is, ongewoon vir so ’n groot voorwerp, word geglo Varuna het ’n langwerpige vorm (verhoudings van asse van 2:3), met ’n gemiddelde digtheid van sowat 1 g/cm3 (rofweg dieselfde as dié van water).[15]
Sedert Varuna se ontdekking is Haumea, ’n ander, nog groter voorwerp met ’n vinnige rotasiespoed (3,9 uur), ontdek; dit is vermoedelik ook langwerpig.[16] Varuna se oppervlak is redelik rooi, nes dié van Quaoar, en klein hoeveelhede waterys is waargeneem.[17]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.