From Wikipedia, the free encyclopedia
15760 Albion, met die voorlopige naam 1992 QB1, was die eerste trans-Neptunus-voorwerp (TNV) wat ontdek is ná Pluto en Charon. Dit is in 1992 ontdek deur David C. Jewitt en Jane X. Luu by die Mauna Kea-sterrewag in Hawaii. Nadat hulle dit ontdek het, het hulle dit "Smiley" genoem en dit is gou deur die pers beskryf as die tiende planeet.[4][5] Dit behoort tot die "koue" populasie in die Kuipergordel en het gelei tot die naam "cubewano's" ("Q-B-1-o's") vir hierdie soort voorwerp na aanleiding van die QB1-deel van sy voorlopige naam.[6] Dit dui daarop dat dit die 27ste voorwerp is wat in die tweede helfte van Augustus daardie jaar ontdek is.[7]
Die wentelbane van die vier buitenste planete (rooi) in vergelyking met dié van 15760 Albion (blou). | |
Ontdekking [1][2] | |
---|---|
Ontdek deur | D.C. Jewitt J.X. Luu |
Datum | 30 Augustus 1992 |
Plek van ontdekking | Mauna Kea-sterrewag |
Kleinplaneet-benaming | (15760) Albion |
Alternatiewe name | 1992 QB1 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV[1] |
Etimologie | Albion (mitologie deur William Blake) |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog J2000 | |
Afelium | 46,566 AE |
Perihelium | 40,843 AE |
Halwe lengteas | 43,704 AE |
Wentelperiode | 288,93 jaar |
Gem. anomalie | 31,005° |
Baanhelling | 2,1877° |
Lengteligging van stygende nodus | 359,44° |
Periheliumhoek | 0,6029° |
Fisiese eienskappe |
|
Skynmagnitude | ~23,4[3] |
Absolute magnitude | 7,1[1] |
Teen Januarie 2018 is nog meer as 2 400 voorwerpe anderkant Neptunus ontdek, waarvan ’n groot deel klassieke Kuipergordelvoorwerpe is.
Die TNV het tot in Januarie 2018 naamloos gebly en is gewoonlik net "QB1" genoem, hoewel dit tegnies dubbelsinnig kon wees sonder die jaar van sy ontdekking vooraan. Dit is eindelik op 31 Januarie 2018 genoem na die karakter Albion uit William Blake se mitologie.[8] Albion is die oereilandbewoner wie se verdeling gelei het tot The Four Zoas: Urizen, Tharmas, Luvah/Orc en Urthona/Los. Dié naam is weer afgelei van die antieke en mitologiese naam vir Brittanje.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.