![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Percy_Bysshe_Shelley_by_Alfred_Clint_crop.jpg/640px-Percy_Bysshe_Shelley_by_Alfred_Clint_crop.jpg&w=640&q=50)
Zastrozzi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zastrozzi: A Romance is 'n Gotiese roman deur Percy Bysshe Shelley wat in 1810 die eerste keer in Londen naamloos gepubliseer is deur George Wilkie en John Robinson, met net die voorletters van die skrywer, "P.B.S."
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Percy_Bysshe_Shelley_by_Alfred_Clint_crop.jpg/640px-Percy_Bysshe_Shelley_by_Alfred_Clint_crop.jpg)
Zastrozzi: A Romance | |
---|---|
![]() | |
Titelblad van die eerste uitgawe. | |
Skrywer | Percy Bysshe Shelley |
Land | Engeland |
Taal | Engels |
Uitgewer | George Wilkie en John Robinson |
Uitgegee | 1810 |
Bladsye | 119 (2002-uitgawe) |
ISBN | 9781843910299 |
Dit is die eerste van Shelley se twee vroeë Gotiese novelles en beskryf sy ateïstiese wêreldbeskouing deur die oë van die booswig Zastrozzi.[1] Dit roer sy vroegste gedagtes aan oor onverantwoordelike selfbevrediging en gewelddadige wraak. In 1810 het 'n resensent geskryf die hoofkarakter, "Zastrozzi, is een van die woesste en onwaarskynlikste demone wat nog uit 'n siek brein ontstaan het".
Shelley het Zastrozzi op 17-jarige ouderdom geskryf,[2] in sy laaste jaar aan Eton-kollege,[3] maar dit is eers in 1810 gepubliseer terwyl hy aan die Universiteit van Oxford was.[4] Dit was Shelley se eerste gepubliseerde prosawerk.
In 1986 is die novelle deur Oxford gepubliseer as deel van die Oxford World's Classics-reeks. Nicole Berry het dit in 1999 in Frans vertaal en Manfred Pfister in 2007 in Duits.