Yslandse towerstawe
simbole wat glo magiese eienskappe besit / From Wikipedia, the free encyclopedia
Yslandse towerstawe (Yslands: galdrastafir) is simbole wat na bewering towerkragte bevat. Hulle kom voor in verskeie Yslandse towerboeke soos die Galdrabók en dateer uit die 17de eeu en later.[1]
Van die magiese stawe sluit in:
Meer inligting Manuskripbeskrywing, Beeld ...
Yslandse naam | Manuskripbeskrywing | Beeld |
---|---|---|
Að unni | “Om 'n meisie te kry”. 'n Verliefde man gebruik dit om die liefde van iemand te kry in wie hy belangstel.[2] | ![]() |
Ægishjálmur | Helm van Ontsag of Vrees; om vrees in te boesem, die vegter te beskerm en op die slagveld te seëvier.[2] | ![]() |
Draumstafir | Om te droom van onvervulde begeertes.[3] | ![]() |
Dreprún | Om 'n vyand se beeste dood te maak.[4] | ![]() |
Feingur | 'n Vrugbaarheidsrune.[3] | ![]() |
Gapaldur | Twee stawe. Word gehou in die skoene: die gapaldur onder die hak van die regtervoet en ginfaxi onder die tone van die linkervoet. Om 'n oorwinning in Yslandse stoei (glíma) te verseker.[2] | ![]() |
Ginfaxi | ![]() | |
Kaupaloki | Om sukses te behaal in handel en sake.[2] | ![]() |
Lásabrjótur | Om 'n slot sonder 'n sleutel oop te maak. | ![]() |
Stafur gegn galdri | Stawe teen heksery.[5] | ![]() |
Þjófastafur | Vir gebruik teen diewe.[6] | ![]() |
Sluit