![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5e/YaK_28_%2522Brewer_C%2522.jpg/640px-YaK_28_%2522Brewer_C%2522.jpg&w=640&q=50)
Yakovlev Yak-28
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Yakovlev Yak-28 is 'n vegvliegtuig/bomwerper van die Sowjetunie. Navo se kodenaam vir die vliegtuig is Firebar. Op die oog af lyk die Yak-28 soos die Yakovlev Yak-25 maar dit is 'n nuwe ontwerp. Die prototipe, Yak-129, het op 5 Maart 1958 sy nooiensvlug voltooi. Die eerste paar eenhede is ontwikkel as bomwerper/taktiese aanvalsvliegtuie. Model Yak-28P was ontwikkel as onderskepvliegtuig met twee tandemsitplekke. Dit was ontwerp om op lae en medium hoogtes te werk en was toegerus met 'n Orel-radar. Die vliegtuig was bewapen met twee lug-tot-lugmissiele: een radarleidend en die ander infrarooileidend.
Yakovlev Yak-28 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig/bomwerper |
Vervaardiger | Yakovlev |
Nooiensvlug | 5 Maart 1958 |
Bekendstelling | 1960 |
Onttrek | 1992 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Sowjetlugmag |
Aantal gebou | 1 180 |
Die Yak-28 kon transsoniese vlug handhaaf en was voortdurend opgegradeer. Die laaste motors kon 6 128 kg stukrag lewer met 'n nabrander. Twee kortafstand lug-tot-lugmissiele was toegevoeg en dié modelle is die Yak-28PM genoem. Produksie van die vliegtuie is in 1967 gestaak nadat onder andere 437 vegvliegtuigweergawes gebou is. Die laaste modelle is in 1992 uit diens onttrek.