![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f0/Hybridogenesis_in_water_frogs_gametes.svg/langaf-640px-Hybridogenesis_in_water_frogs_gametes.svg.png&w=640&q=50)
X-chromosoom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die X-chromosoom is een van twee geslagschromosome in soogdiere, insluitend die mens, en baie ander diere. Die ander een is die Y-chromosoom. X is ’n groot en lang chromosoom met sowat 900 tot 1 200 gene. Baie van dié gene het niks met die geslagsbepaling van ’n mens te doen nie, omdat die Y-chromosoom daarvoor verantwoordelik is.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fb/Chromosome_X.svg/125px-Chromosome_X.svg.png)
Die X-chromosoom is deur vroeë navorsers so genoem na aanleiding van sy unieke eienskappe, en dit het gelei tot die naam Y-chromosoom, na die volgende letter in die alfabet, nadat dit later ontdek is.[1]
Elke gesonde mens het 23 paar chromosome: 22 paar outosome en een paar geslagschromosome. Wanneer iemand een Y en een X het (46,XY), is hy manlik; vroue het twee X-chromosome (46,XX). Die 46 dui die getal chromosome aan (23 paar).