From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wolhaarrenoster (Coelodonta antiquitatis) is ’n uitgestorwe renoster wat in die Pleistoseen algemeen in Europa en Noord-Asië voorgekom[1] en die laaste glasiale tyd oorleef het.
Wolhaarrenoster | |
---|---|
’n Voorstelling van die wolhaarrenoster deur Charles R. Knight. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | †Coelodonta Bronn, 1831 |
Spesie: | †C. antiquitatis |
Binomiale naam | |
Coelodonta antiquitatis (Blumenbach, 1807) | |
As die laaste lid van die Pleistoseense renoster was die wolhaarrenoster goed aangepas by die omgewing. Sy stewige ledemate en dik wolpels was ideaal vir die ysvormende steppe-toendra-omgewing van dié tyd. DNS-studies wys sy naaste lewende verwant is die Sumatraanse renoster.[2]
Die uitwendige voorkoms van die wolhaarrenoster is bekend uit gemummifiseerde individue uit Siberië sowel as grottekeninge.[3] ’n Volwasse dier was sowat 3 tot 3,8 meter lank en het sowat 1 800 tot 2 700 kg geweeg.[1] Dit was tot 2 meter hoog,[1] min of meer so hoog soos die hedendaagse witrenoster.[4] Die voorste horing was sowat 61 cm lank,[5] met ’n korter een tussen die oë.[6] Dit het ’n dik en lang pels gehad asook klein ore, kort en dik bene en ’n bonkige lyf.
Die vorm van die dier was net uit prehistoriese grottekeninge bekend totdat ’n ten volle bewaarde voorbeeld in Pole ontdek is. Dié volwasse wyfie is nou in die Poolse Natuurhistoriese Museum in Krakow te sien. Verskeie bevrore fossiele is ook in Siberië ontdek – die laaste een in 2007.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.