Wolframkarbied is 'n chemiese verbinding van wolfram en koolstof met 'n formule WC

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Eienskappe

Algemeen

NaamWolframkarbied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule WC
Molêre massa195,85 [g/mol]
CAS-nommer12070-12-1  
Voorkomsgrys metaalpoeier
Fasegedrag  
Faseα (lae temperatuur) 
Selkonstantesa=290,6 pm; c=283,7 pm  
RuimtegroepP6m2 
Nommer187  
StrukturberichtB 
Faseβ (hoë temperatuur) 
Selkonstantesa=426,6 pm  
RuimtegroepFm3m 
Nommer225  
StrukturberichtB1
Smeltpunt 2776 °C[1]
Kookpunt~6000 °C
Digtheid15,63 [g/cm3] @ 18 °C
Oplosbaarheid<0.1g/L in water

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

FlitspuntOnbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Sluit

Vervaardiging

Die wêreldproduksie word op 15 000 tot 20 000 ton/jaar geraam.

Die materiaal kan uit die elemente vervaardig word:

Indien 'n mengsel van koolstof en wolframpoeier in 'n koolstofbuis of hoogfrekwente oond tot ~2800 °C verhit word, kan 'n stuk van die materiaal verkry word, maar daar word gewoonlik poeiers met 'n bepaalde korrelgrootte verkoop.[1]

Strukture

Thumb
Die B-struktuur

WC het twee modifikasies. Die hoëtemperatuurvorm het die kubiese halietstruktuur (B1 in strukturbericht-klassifikasie). Altwee atome is deur ses ander atome omring in 'n oktaëdriese omgewing. Die laetemperatuurvorm het 'n heksagonale struktuur wat van die heksagonale digpakking afgelei kan word deur sy ...ABAB... lae afwisselend deur wolfram(A)- en koolstof(B)-lae te beset. Die omringing is trigonaal prismaties. [2] Dit is die argetipe van die strukturbericht se B-struktuur.[3]

Eienskappe

Wolframkarbied is onoplosbaar in water en verdunde sure, maar dit vorm oplosbare soute met HNO3 en HF

Die materiaal is uiters hard (9 -9,5 (Mohs), vergelykbaar met korund) en kan by baie hoë temperature gebruik word. [4]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.