Die witseebaber (Galeichthys feliceps) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en kom voor van Swakopmund tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die White sea-catfish.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Witseebaber
Thumb
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
(Valenciennes, 1840)[2]
Spesie:
G. feliceps
Binomiale naam
Galeichthys feliceps
Sinonieme
Sluit

Voorkoms

Die vis het nie skubbe nie en die stertvin is diep gevurk. Die vis se kleur wissel van grys of groenbruin tot bruin aan die bokant en is ligter aan die onderkant met die pens amper wit. Hulle word 55 cm lank.

Habitat

Die vis verkies beskermde water en strandmere om in te leef. Hulle skiet kuit gedurende September tot Desember. Die mannetjie dra die eiers en pasgeborenes in sy mond rond vir 3 - 4 maande. Gedurende die tyd eet die vis nie en verloor tot 24% van sy liggaamsmassa. Hulle eet skaaldiere, slakke en vissies.

Die dorsale en pektorale vinne se strale is giftig en kan pynlike wonde veroorsaak. Aanbevole behandeling teen die gif is om die geaffekteerde area in warm water (50 °C) te plaas vir ongeveer 30 minute. Die vis kan geëet word.

Sien ook

Verwysings

Bron

Eksterne skakel

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.